top of page
WEES DIE LIG!_edited.png

Meer oor ons Akademie

Akademie is die top prioriteit by Baken Akademie en ons bied met trots ’n uitsonderlike hoë standaard aan. Ons streef daarna om die beste uit elke leerder te haal. 

 

Ons doel is om in alles wat ons doen, ’n platform vir ons leerders te gee waarop hulle ’n sterk fondasie kan bou. By Baken Akademie is elke leerder belangrik en daarom fokus ons op die optimale ontwikkeling van elke individu se potensiaal, vaardighede en talente. Daar is dus ’n plek vir enige leerder in Baken Akademie. Ons leerders gee om vir mekaar en vir die gemeenskap en is bekend dat hulle deur dik en dun saamstaan.

Met dié dat onderwys asook die stand van onderwys so in die soeklig is, spreek ons graag ’n paar punte aan.

Waar is ons?

 

Ons bly in Suid-Afrika en daarom moet die onderrig relevant en toepaslik wees vir die huidige asook toekomstige uitdagings van Suid-Afrika. 

 

Ons verseker die volgende:

  • Dat ons ten minste aan die vereistes van die staat se onderrigstelsel - KABV (Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring) voldoen. 

  • Dat ons leerlinge die beste wat ons land kan offer wat eksamens betref, kan bemeester. Vir dié doel sal ons SACAI (South African Comprehensive Assessment Institute) se eksamens aflê. 

  • Vir beide die bogenoemde is die voertaal Afrikaans, maar ons is intens bewus van die uitdagings van verdere studie wat sekerlik in die toekoms slegs in Engels aangebied gaan word. 

  • Moedertaal is van kardinale belang in die aanvangsjare van kinders. Dit beteken dat EEN taal die hoof onderigtaal moet bly tot ten minste Graad 4/5. 

  • Ons is wel bereid en gereed om die Graad 12 eksamens in Engels aan te durf sonder dat dit die leerlinge benadeel.

​​

Ons is ook deel van die wêreld en daarom moet die onderrig en opvoeding voldoende wees om die toekomstige wêrelduitdagings die hoof te bied. Ons doen die volgende:

  • Vul die silabusse met inhoud van die Cambridge sillabus, Singapore Wiskunde asook ander internasionale bronne aan. 

  • Die opsie bestaan steeds dat ons die Cambridge, IB (International Baccalaureate) of GDE (Graduate Diploma in Education) in die toekoms sal aanbied.

Waar wil ons heen?

 

Ons wil verseker dat ELKE kind wat by ons inskryf na afloop van hul skoolloopbaan verdere studie en/of die werksomgewing van hul keuse suksesvol kan betree.

 

‘n Paar opmerkings hieroor. 

  • Dit gaan ’n groter moontlikheid van afstandsonderrig deur middel van tegnologie bevat. 

  • Universiteite soos dit tans daaruit sien is besig om drasties te verander.

 

Die fokus gaan op drie gebiede wees, naamlik:

  • Sosiale Beroepe - Alles waar met mense werk die fokus is. Dit is ’n groeiende area en die sosiale opheffing van mense is tans wêreldwyd ’n fokus. 

  • STEM (Science, Technology, Engineering and Mathematics) gerigte beroepe. 

  • Finansiële Beroepe en Entrepreneurskap. Dit is tans ’n suiswoord (buzz word!) maar dis eintlik ’n verleentheid vir die onderwys. Entrepreneursdae en ander programme van leer om met geld te werk is hoogstens ’n tydsverdryf en daar is nie noemenswaardige sigbare resultate nie. Entrepreneurskap is die ingesteldheid van ’n persoon wat gerugsteun word deur kreatiewe denke en ’n magdom ander vaardighede en konsep-bemeestering.

So hoe doen ons dit alles?

 

Stap 1: Verwyder alle vrees uit die onderrigsituasie en die skoolomgewing. 

Stap 2: Beheer die stres, hetsy veroorsaak deur eksamen, akademiese punte, onderwysers, sport, prestasieangs of ontoereikendheid. 

Stap 3: Sorg vir ’n veilige omgewing waar BOELIES nie heers nie, inklusiewe gedrag vereis word en elke kind wéét dat hulle ’n volle plek het.

Praktiese Stappe

 

Kleiner klasse. Met ’n super-fokus op die individu se akademiese vordering en menslike groei kan ons nie meer as 15 kinders per opvoeder hanteer nie. 

Kleiner getalle alleen is egter nie ’n waarborg nie, daarom:

  • Moet elke onderwyser en personeellid die dryfkrag en fokus deel om ELKE kind te laat vorder en ontwikkel.

  • Tegnologie is belangrik maar is geen plaasvervanger vir ’n GOEIE onderwyser nie. 

  • Om nie suksesvol in ’n vak te wees nie is nie ’n opsie nie. Dit is die skool en onderwysers se plig om te onderrig, ekstra klasse aan te bied en alles moontlik te doen om sukses te bereik. Die ouers moet ook betrek word. 

  • Ons is nie ’n huiswerksentrum nie. Ons onderrig en om self die werk te voltooi is deel van die proses. Daarom verkies ons om werk by die skool te voltooi.

  • Alle leerlinge neem deel aan al die sport en drama/musiek-aktiwiteite wat aangebied word.

  • In die Laerskool is die fokus op Afrikaans en Engels - albei op Huistaalvlak, Wiskunde (Ja, almal kan dit doen en dit ís ’n LEERVAK!), Wetenskappe, Tegnologie en Geïntegreerde Studies.

  • In die Hoërskool is daar ’n fokus op minder vakke (veertien is onnodig). Dit sluit STEM-vakke, Sosiale- en Ekonomiese vakke en weereens Tale in.

Die "groot geheim" van Akademie

Inhoud

Die inhoud van die akademie (Inligting, die dinge wat kinders leer, ens.) moet:

  • Relevant wees. Sluit vandag se dringende items in en wees op die toekoms gerig. Sluit “Cutting Edge” inhoud in.

  • Die kinders inspireer, motiveer en belangstelling prikkel.

Vaardighede

Bo en behalwe die ooglopende vaardighede van lees en skryf, kommunikasie en basiese wiskunde nog die volgende.

•  Kritiese denke

•  Probleemoplossingsvaardighede

•  Samewerking

•  Netwerkbeheer en interaksie

•  Leierskap (Ja, almal het die vaardigheid - nie net ’n uitgesoekte groep nie)

•  Leierskap deur kennis en invloed

•  Aanpasbaarheid – akademies sowel as emosioneel

•  Inisiatief

•  Entrepreneur-ingesteldheid

•  EFFEKTIEWE kommunikasie (Verbaal en nie-verbaal)

•  Verkryging en analisering van informasie

•  Gevolgtrekkings en sintese

•  Beplanning

•  Scenario beplanning

•  Leergierigheid

•  Nuuskierigheid

•  Verbeelding

•  Memorisering (Dit is net een vaardigheid en nie die fokus nie!)

•  Hanteer toenemende volume werk

•  Eksamen skryf

•  Druk hanteer

•  Interpersoonlike werking (Ken ander)

•  Intrapersoonlike kennis (Ken self)

•  Motoriese vaardighede

•  Ruimtelike orientasie (Ken jou eie liggaam)

•  Hanteer teleurstellings

•  Hanteer oorwinnings

•  Deursettingsvermoë

•  Uitstel van gratifikasie (Wag vir iets)

•  Die besef dat sukses werk vereis

•  Perspektief

•  Beplanning

•  Meelewendheid

 

Daar is te veel om alles hier te noem!

Konsepte

Konsepte is meer akademies van aard. Kom ons verduidelik aan die hand van ’n voorbeeld: 

 

Sisteme as konsep. ’n Sisteem kan oop of geslote wees. Sisteme sluit onder andere in: die aarde, sonnestelsel, sosiale sisteem, ’n organisme, voedselketting, spysverteringsstelsels, ens. 

 

Die inhoud van die werk is nie belangrik nie. Dat die kind VERSTAAN wat ’n sisteem is, hoe dit werk en kennis kan toepas op alle situasies en gebiede is die belangrike deel. 

 

Ons kan dus die sonnestelsel, watersiklus, ekonomiese stelsels, voedselketting of spysverteringsstelsel behandel om die konsep te verduidelik. Wat van die energieketting met Elon Musk se vordering op elektriese vervoer, herwinbare ruimtetuie en die uitdaging van aanvaarde beperkinge as ’n tema? Nou het ons ’n kind se aandag! 

 

AL DIE BOGENOEMDE VIND PLAAS IN ’N OMGEWING WAAR RESPEK, HARDE WERK, NETHEID, GEMOEDELIKHIED, GOEIE MANIERE EN ’N CHRISTELIKE WAARDESTELSEL AKTIEF AANGEMOEDIG WORD!

bottom of page