top of page
Image by Towfiqu barbhuiya

VRAE & ANTWOORDE

Vrae en Antwoorde

I'm a paragraph. Click here to add your own text and edit me. It’s easy. Just click “Edit Text” or double click me to add your own content and make changes to the font.

HOEKOM ’N PRIVAATSKOOL OORWEEG?

Suid-Afrika word ’n toenemende uitdagende plek om kinders in groot te maak. Privaatskole bied ’n standvastige rots aan wat die invloed van die veranderende politieke arena op onderrig en opvoeding van kinders beperk. Ouers kan verseker wees dat kinders die beste moontlike onderrig, opvoeding en aandag ontvang, ongeag wat die individuele kind se behoeftes mag wees.

Geen konformering na die gemiddelde prestasie van die massas is moontlik nie. Laastens kan ons mekaar maar net afvra of Afrikaanse skole en skole met ’n Christelike etos hoegenaamd in die toekoms geduld sal word. Daar word nie addisionele Afrikaanse privaatskole gebou nie. Inteendeel, skole maak skrikwekkend vinnig toe en oorblywende skole se getalle is so groot dat leerlinge maklik tussen die krake deurval.

WAT IS 'N KURRIKULUM?

’n Kurrikulum kan kortweg definieer word as ’n kursus - Curriculum (Latyn) Course (Engels). Dit is dus ’n reeks van konsepte, vaardighede en inhoud wat in ’n skoolverband begin by Graad R en eindig by Graad 12. As ’n eenvoudige voorbeeld kan Wiskunde as ’n deel van die kurrikulum in die grondslagfase so beskryf word:

  • Konsepte Bewuswording van syfers as iets wat daagliks in vele situasies gebruik word.

  • Die besef dat syfers van letters verskil.

  • Insig dat syfers ’n waarde (soos ouderdom, tyd, geld, hoeveelheid) verteenwoordig.

  • Vaardighede - Tel bymekaar, trek af, maal, deel, skat, lees die tyd op ’n horlosie, gebruik getallelyne.

  • Skryf syfers korrek neer en leer hul waarde.

  • Inhoud Rympies aanleer wat die volgorde van syfers maklik maak om te memoriseer. *Uittreksels uit daaglikse ervaringswêreld van leerlinge in hierdie fase. (Hoe laat begin die skool? Hoe oud is jy, jou mamma en pappa, boeties en sussies? Hoeveel mense is in jou gesin? Hoeveel vertrekke is in jou huis, ens.)

WATTER EFFEK HET DIE VOORTDURENDE VERANDERING VAN DIE KURRIKULUM OP SKOLE EN DIE ONDERRIG VAN LEERLINGE?

Ongelukkig het hierdie dikwels-veranderende raamwerk onverwagte, negatiewe gevolge op die onderwysers, leerlinge en die ouers gehad. Dit was juis die verskil tussen die kurrikulum en die sillabus wat gewys het dat die kurrikulum nie genoegsaam op ’n sillabus wat uitvoerbaar is gefokus het nie. Probleme wat onder andere ervaar is:

  • Onderwysers het swaar gebuk gegaan onder die vrag werk wat leerling-portefeuljes vereis het.

  • Leerlinge het fokus op die einddoel verloor, wat die behaling van die beste moontlike punte in die eindeksamen insluit.

  • Die vlakke en wenslikheid van die Graad 12 Nasionale Sertifikaat Eksamen se standaarde is ook onder die loep. Die minimum vereistes is sodanig dat net leerlinge wat onder 40% vir tale en onder 30% vir ander vakke verkry, as onsuksesvol beskou word.

  • Universiteite het hul stuiwer in die armbeurs gegooi en gekla dat leerlinge wat wel toelating tot universiteite kry, nie oor genoeg vaardighede en voorkennis beskik om hul studie-kursusse suksesvol te voltooi nie. Hulle het daarom hul eie addisionele eksamens as voorvereiste ingestel wat juis die Graad 12 eindeksamen elimineer (Nasionale Maatstaf Toetsing).

  • Die laaste infassering van die CAPS-kurrikulum was in 2014 en dit is nog te vroeg om te sien of die resultate die veranderinge gaan ondersteun of nie.

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN DIE KURRIKULUM EN SILLABUS VAN ’N STAATSKOOL TEENOOR DÍE VAN BAKEN AKADEMIE?

Baken Akademie se kurrikulum sal die minimum vereistes, soos voorgeskryf deur die Departement, volledig dek. Die kurrikulum sal verder verryk word deur gebruik te maak van internasionale, sowel as SACAI sillabusse en maatstaf-toetse asook die SACAI Graad 12 Eindeksamen.

WAT IS BAKEN AKADEMIE SE KURRIKULUM?

Privaatskole kan kies welke kurrikulums en sillabusse hulle wil volg. Die meeste privaatskole verryk die CAPS en vul die inhoud aan om by die etos en karakter van die spesifieke skool aan te pas. Privaatskole wat die SACAI eindeksamen skryf, werk dikwels daaraan om by Graad 12 se vereistes te begin en dan terug te werk na die laer grade om die leerlinge voldoende vaardighede, konsepte en inhoudskennis aan te leer om die beste moontlike punte te behaal in die eindeksamen. Dit verseker dat die volle reeks konsepte, vaardighede en inhoud deur die leerling se skoolloopbaan gedek sal word en onnodige “vooruitloop” en “ekstra” werk - wat dikwels die volgende grade se werk insluit - nie plaasvind nie.

 

Staatskole volg die CAPS-kurrikulum en lei leerlinge deur middel van handboeke wat spesifiek ontwikkel is om die inhoud weer te gee, soos in CAPS uiteengesit. Die gevaar bestaan dat onderwysers slegs deur die handboeke werk om aan hul werksvereistes te voldoen en nie genoeg bedag kan wees om individuele vaardighede aan te leer soos leerlinge se emosionele- en akademiese intelligensie dit mag vereis nie.

bottom of page