Baken Akademie is ‘n privaatskool in Northwold, Randburg.

By Baken Akademie skep ons ‘n ongewing en atmosfeer waarin elke kind tyd gegun word om hulle spesiale talente te kan ontdek en ontwikkel. Daar is ‘n sterk klem op akademiese uitnemendheid volgens elke kind se vermoë.

Ons bied onderrrig aan vanaf Gr RRR tot en met Gr 11 in 2018.

ONS GLO ONS MOET DIE VERSKIL IN DIE WERELD WEES

HIER IS DIE 5 PILARE WAT BAKEN AKADEMIE MAAK

OUER TERUGVOER IS VIR ONS BELANGRIK

Die beste besluit ooit - ons kinders was nog nooit so gelukkig nie! Die hoë standaarde stimuleer ons kinders en bied uiteindelik aan hulle die geleentheid om hulle volle potensiaal te bereik! By Baken is daar ook nie ‘n “one-size-fits-all” boksie nie - elke kind is uniek!
— Penelope Joubert - Ouer

KLIEK HIER VIR ONS NUUTSTE NUUSBRIEF

REGSTELLING

  • Op die Termynplan is die 8e Maart aangedui as ‘n vakansiedag omdat dit Internasionale Vrouedag is. Dit is egter NIE ‘n vakansiedag nie. Daar sal normale skool op die dag wees.

  • Die 20e Maart is dit dag-en-nag eweninge. Dit is wanneer die dag en nag presies ewe lank is; die seisoen draai tussen somer en herfs. Andersins ‘n gewone skooldag!


KLIEK HIER VIR 'N VOLEDIGE UITEENSETTING VAN DIE BEPLANDE SKOOLTERMYN VIR 2019

Akademie is die top prioriteit by Baken Akademie en ons bied met trots ’n uitsonderlike hoë standaard. Ons streef daarna om die beste uit elke leerder te haal...

Ons doel is om in alles wat ons doen 'n platform vir ons leerders te gee waarop hulle 'n sterk fondasie kan bou. By Baken Akademie is elke leerder belangrik en daarom fokus ons op die optimale ontwikkeling van elke individu se potensiaal, vaardighede en talente. Daar is dus 'n plek vir enige leerder in Baken.  Ons leerders gee om vir mekaar en vir die gemeenskap en is bekend vir die feit dat hulle saamstaan deur dik en dun.