WIE IS ONS?
Welkom van die Hoof se kantoor
Dit gaan maar oor die kinders. Dit het nog altyd. Eerstens lei ons hulle in die weg van Jesus om sodoende die Koninkryk uit te brei. Tweedens om volwassenes te word wat:
*Persoonlike verantwoordelikheid sal aanvaar vir hulle optrede en keuses.
*Bydraende lede van die samelewing sal word.
*Vrylik diens aan ander sal lewer..
Dit is my doel om ‘n omgewing te skep vry van onnodige stres, afknouery en ongewenste groepsdruk. Verder wil ons in liefde en vrede saamwerk en goeie herinneringe vir kinders bou.
My persoonlike pad sluit meer as twintig jaar in die onderwys en 13 jaar in die besigheidswêreld in. Dit het ook maar sy uitdagings gehad – soos alle mense se lewens! Ek weet egter dat God my na Baken toe gelei het om Sy taak op my klein manier te kan dien.
Ek is ewig dankbaar vir elke kind, kollega en ouer wat kies om die pad saam ons te stap. Elke dag is ‘n vreugde en ‘n seën!
Groete
M. Gericke, Hoof

Baken Akademie is ‘n privaatskool in Northwold, Randburg.
By Baken Akademie skep ons ‘n omgewing en atmosfeer waarin elke kind tyd gegun word om hulle spesiale talente te kan ontdek en ontwikkel. Daar is ‘n sterk klem op akademiese uitnemendheid volgens elke kind se vermoë.
ONS BIED ONDERRIG AAN VANAF GR RR TOT EN MET GR 12 IN 2020.
Ons Personeel
Martin Gericke
Hoof

Arina van Zyl
Graad RR

Jeni Gericke
Akademiese Hoof
Lyrinda Venter
Graad R

Alinde van Heerden
Graad 1
Eldre Buys
Graad 2

Amanda Venter
Graad 3

Elize Steyn
Graad 4
Pierre du Preez
Afrikaans

Janco van Jaarsveld
Wiskunde en LW

Elizabeth van der Linde
SW en Geskiedenis
Johan Swanevelder
Afrikaans en Drama

Luan Swart
Wiskunde en Wetenskap

Annie Hartung
NW en Wiskunde
Maritza Strydom
EBW en Rekeningkunde

Mariska Basson
Engels

Yvette Viljoen
Musiek