Search
  • Baken Akademie

Gr 3 en 4 leerders besoek die Pioniersmuseum


Op die 3 de Julie 2019 het Gr 3 en 4 leerders opgewonde in die bus geklim en lekker ver Pretoria toe gery om te gaan kyk wat die Pioniersmuseum ons kan leer. Ons is verwelkom deur ‘n gekwalifiseerde toergids asook vriendelike eendjies.

Ons het weggeval deur die bokke en skape te voer. Daarna het ons gesels oor al die produkte wat ‘n plaas kan oplewer. Ons het in die waenhuis vreeslik baie interressante waens en implimente te siene gekry.. hulle het selfs hul eie speelgoed gemaak. Daarna het ons botter gekarring en brood geknie en gebak in ‘n buiteoond van klei. Ons het die plaashuis bewonder en besef hoe min ons eintlik nodig het om te leef en hoe bederf ons is met al ons gekoopte goed.

Ons het afgesluit met lekker selfgemaakte botter op ons warmgebakte plaas brood. Wat ‘n wonderlike voorreg.



15 views

©2019 deur Baken Akademie

gebou deur 36 Craft

Kontak Ons

Tel: +27 72 423 3304

Email: marting@bakenakademie.co.za

Adres

41 Third Road, Randburg Gauteng, 2188