Search
  • Baken Akademie

Nuusbrief: 14 Augustus 2019


Geagte ouers


PERSONEEL

Ons verwelkom die volgende personeel by ons:


• Juffrou Elizabeth (Libby) van der Linde.

• Mnr Luan Swart en Mnr Swannie Swanevelder is albei nou permanente personeel

• Juffrou Annie Hartung doen ‘n internskap deur Baken Akademie. Sy is ook permanent by ons. Sy studeer tans deur AROS.

• Juffrou Mariska Basson sluit 1 September by ons aan as Engelse Onderwyseres. Haar eie kinders kom ook na ons toe in Graad 3 en Graad R. By voorbaat welkom aan hulle almal. Sy vervang Juffrou Jahne wat bedank het gedurende die vakansie.

• Ons het afskeid geneem van Juffrou Nici Serfontein en Juffrou Erna Dreyer. Hulle vakke is oorgeneem deur van die permanente personeel. Baie dankie vir die goeie werk wat die mense by ons verrig het. Ons is baie dankbaar daarvoor.

• Juffrou Monique Nel wat deeltyds EBW onderrig het is vervang deur Mnr Charl van Rensburg. Dankie ook aan Mev Nel vir haar insette.

Juffrou Charmay (Gr1) is steeds siek en Juffrou Ronell van der Merwe neem waar by die Graad 1 klassie. Hulle werk volstoom voort!


ATLETIEK en SPORT

• Al die kinders oefen baie hard aan atletiekvaardighede. Tans sluit ons geen kind uit nie en almal kry kans om elke item te oefen. Natuurlik is dit makliker vir sommige kinders. Moedig asseblief julle kinders aan om voluit deel te neem.

• Ons het aan ons eerste atletiekbyeenkoms deelgeneem en die kinders het almal ywerig hul kant gebring. Dit was die meeste kinders se eerste keer ook en ons is baie trots op hulle.

• Die swemoefening sal begin sodra die water warm genoeg is.

• Skaakoefening vind steeds elke Maandag plaas. Almal is natuurlik welkom.


LIGA

Ons is tans besig om saam met ‘n paar ander skole ‘n liga op te stel vir 2020. Die liga sal aan die meeste sportsoorte asook kultuuraktiwiteite aandag gee. Ons gaan baie meer deelname geniet in die toekoms.


WELKOM

Welkom aan Grizaan, Lizzie, Arno en Rynhardt wat aangesluit het by ons hierdie termyn. Ek weet sommer dit gaan baie goed gaan met julle.


ASSESSERING

Beide formele en informele assessering vind hierdie termyn plaas. Ons skryf egter eers weer aan die einde van die jaar ‘n eksamen.


SKOOLDRAG

Kinders mag nou Somersdrag aantrek.


FOTODAG

Fotos is bestel en sal eersdaags arriveer.


LENTE DANS

Die Hoërskool en Gr 7 leerlinge se jaarlikse dans en ete vind Donderdag 19 September plaas. Hulle sal binnekort hulle uitnodigings ontvang.


Groete

Martin Gericke

072 423 3304



83 views

©2019 deur Baken Akademie

gebou deur 36 Craft

Kontak Ons

Tel: +27 72 423 3304

Email: marting@bakenakademie.co.za

Adres

41 Third Road, Randburg Gauteng, 2188