Search
  • Baken Akademie

Nuusbrief: 10 Februarie 2020


Geagte ouers



Visvang en Kenmekaar Piekniek

Baie dankie aan almal wat die dag saam met ons spandeer het. Dit was ‘n groot sukses. Tiaan (Gr 3) en Luandre (gr 8) het die visvang kompetisie gewen met Tiaan wat die grootste vis gevang het en Luandre die meeste vise gevang het.


Al die krapvangers moet nog pryse ontvang!


LAATKOMMERS in die oggend

Ons besef dat die verkeer deesdae besonder besig is in die oggende. Kinders sal nie raas kry indien hulle laat is nie. Ons versoek wel dat ouers effens vroeër sal ry in die oggende, en dat buskinders betyds moet wees by hulle oplaaipunte.

Die bus mag nie wag vir kinders wat laat is nie omdat die tye sneeubal en die bus dan baie laat by skool arriver.


SKOOLDRAG

Indien dit baie warm is, mag kinders die skool se pet aantrek. Hulle mag dit dan in plaas van die baadjie dra.


Ons vra dat die kinders asseblief hulle sokkies tot wit, donkerblou of swart sal beperk tydens sportdae.


SWEM

Die swemoefeninge op ‘n Dinsdag en Donderdag vorder fluks.

Die eerste Gala het goed verloop en die tweede Gala was agv dreigende donderweer gekanselleer.


Eerskomende Vrydag is daar weer ‘n Gala by die Deutsche Schule. Kinders het alreeds hulle briewe ontvang.


Indien DONDERWEER dreig sal swem/sport afgestel word indien donderweer binne ‘n 10 km radius plaasvind. (op ‘n Lightning App)


SOKKIE

Die kinders is alreeds baie opgewonde oor die Valentyns-Sokkie wat Vrydagaand die 14e plaasvind. Geen kinders van buite die skool word toegelaat nie. Die kinders het alreeds hulle briewe in die verband ontvang.


SKOOLFOOIE

Onthou asseblief om aandag aan die skoolfooie te gee vir 2020.


Groete

Martin Gericke

072 423 3304



12 views

©2019 deur Baken Akademie

gebou deur 36 Craft

Kontak Ons

Tel: +27 72 423 3304

Email: marting@bakenakademie.co.za

Adres

41 Third Road, Randburg Gauteng, 2188