Search
  • Baken Akademie

Graad RR en R se uitstappie na Playtown


Die 4de September was ‘n dag wat die Graad RR en R maats nooit sal vergeet nie! Vroeg die oggend het die kinders op die bus geklim en na Playtown in Centurion vertrek.


Daar aangekom het elke kind 'n armband ontvang met sy naam op sodat hul kontrole kon hou. Die kinders was so opgewonde om te begin speel, hulle het alle rigtings ingehardloop. Daar was ‘n polisiestasie, ‘n veearts, ‘n restaurant, ‘n gimnasium, ‘n winkel en nog vele meer waar die kinders hul beroepe speel-speel kon uitleef.

Daar was ‘n trampolien, fietsies en glybane. Die maats het hulself gate uit geniet.


Hulle het elkeen ‘n bordjie hoender repies met skyfies gekry en ‘n yskoue ‘slush puppie’ vir middagete.


Die maats was nie baie gretig om huis toe te gaan nie, maar ons moes terugkeer skool toe. Dit was ‘n baie suksesvolle dag met baie nuwe herinneringe..



61 views

Recent Posts

See All