Search
  • Baken Akademie

Graad RR en R se uitstappie na die Dieretuin

Updated: Aug 8, 2019


Vroeg die oggend van die 28ste Februarie is al die maatjies reg en opgewonde om op die bus te klim om vir die diere te gaan kuier by die dieretuin. Daar aangekom het ons eerste na die uile gekyk en die maats moes omtrent soek om van die uile raak te sien in hulle donker hoekies. Ons is toe na die Animals of the Amazon waar ons slange, spinnekoppe en vlêrmuise gesien het, en die beste van als, ons kon deur die aquarium stap. Die kinders het dit baie geniet. Daarna het ons lekker piekniek gehou.


Voordat ons weer vertrek het het ons vir Makoko, die gorilla gaan kuier. Juffrou Arina kon met Makoko kommunikeer en hy het vir die maats hallo kom sê. Die maats was lekker moeg na die dag en ‘n paar het ‘n uiltjie genip in die bus. Dit was ‘n baie suksesvolle dag.



35 views

©2019 deur Baken Akademie

gebou deur 36 Craft

Kontak Ons

Tel: +27 72 423 3304

Email: marting@bakenakademie.co.za

Adres

41 Third Road, Randburg Gauteng, 2188